AfriForum weer in hof oor Pretoria straatname

AfriForum is Dinsdag weer in die Noord-Gautengse hooggeregshof oor die verandering van 25 straatname in die hoofstad, Pretoria, deur die Tshwane Metroraad.

Dié burgerregte-organisasie gaan die hof vra om ʼn interdik aan hulle toe te staan wat die Tshwane Metroraad verhoed om die ou straatname van naamborde te verwyder en om die borde wat reeds verwyder is, terug te plaas. Die aansoek is gebring hangende die afhandeling van ʼn hersieningsaansoek oor die metroraad se besluit op 29 Maart 2012 om die straatname te verander.

Lees ook:
81% wil glo Pretoria se naam behou
Pretoria weet dalk gou oor naam
Pretoria-straatname weer onder die loep
Foto van straatnaamverandering “was opleiding”
Tshwane-metroraad mag straatnaamborde opsit
AfriForum bring dringende hofaansoek oor PTA-straatname
Pretoria-straatname reeds aan die verander
AfriForum gaan hof toe oor Pretoria straatname
Pretoria-strate: Híér is die nuwe name

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.