AfriForum wil self strate teer

Argieffoto

Die burgerregte-organisasie AfriForum het die Ditsobotla plaaslike munisipaliteit in Lichtenburg gevra vir teer om strate in dié dorp self te herstel.

AfriForum kry weekliks klagtes vanuit die gemeenskap oor die dorp se swak paaie. Die gemeenskap meen dat hulle klagtes by die munisipaliteit op dowe ore val en dat hulle regte as belastingbetalers nie prioriteit geniet nie.

“Geld word wanbestuur deur die Ditsobotla-munisipaliteit en AfriForum wil nou self die gemeenskap bystaan wat die herstelwerk van paaie betref. Wanneer ʼn mens deur Lichtenburg ry, kan ʼn mens nie anders as om die inwoners se frustrasie oor die paaie te verstaan nie. Die paaie is in ʼn haglike toestand,” het Ian Cameron, AfriForum se organiseerder in Noordwes gesê.

Volgens Cameron behoort die herstelwerk aan paaie ʼn prioriteit te wees, aangesien dit ʼn veiligheidsrisiko vir motoriste inhou.

“Die burgemeester in Lichtenburg, Lesego Holele, het minder as 6 maande gelede ʼn nuwe Toyota Fortuner gekry wat die munisipaliteit verskaf het. Daar is geld vir nuwe voertuie, terwyl dienslewering agterweë gelaat word. Volgens bronne binne die munisipaliteit is daar ook nie geld by die munisipaliteit om salarisse aan werknemers te betaal nie,” het Cameron gesê.

Cameron het bevestig dat hulle vandag ook ʼn versoek aan die nuwe LUR vir samewerkende regering, Manketse Tlhape en die premier van Noordwes, Thandi Modise gaan rig om die burgemeester, die finansiële bestuurder, mnr. Dintoe, asook die munisipale bestuurder, Justine Bhine, uit hul bestuurposisies in die munisipaliteit te verwyder. “Dié amptenare het veroorsaak dat Ditsobotla se infrastruktuur in duie stort,” het Cameron gesê.

Om by die AfriForum-tak aan te sluit, SMS jou dorp se naam na 31336. SMS’e kos 50c.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Melissa ·

Goeiewerk AfriForum! Ons ondersteun julle al die pad! Julle doen baie goeie werk vir hierdie land.

Assie ·

Baie goeiewerk gedoen Afriforum! Dit gee vir ons kleiner dorpe hoop. Dankie!!!.

Paul ·

In Afrikaans is dit “Welgedaan!” en nie “Goeiewerk!” (sic) nie. Selfs al het ‘n mens die uitdrukking so gebruik, sou dit twee woorde wees, nl. “Goeie werk!” en nie “Goeiewerk!” nie.

Johan ·

Hoekom hulle sterk in hulle kwaad? solank as wat ons dit doen sal hulle net meer geld steel. verplig hulle om dit te doen moet geen belastings betaal nie of lisensies nie dan sal hulle dit moet doen. of die mense moet ‘n regte Munisipaliteit stig en die fondse in en dan al die take oorneem van die sleg goed.
Johan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.