Afrigter beboet ná hy perd opkikkermiddels ingee

Argieffoto

Argieffoto

Afrigter Cliffie Miller is beboet omdat hy ‘n perd, wat vroeër vanjaar tydens ‘n resies inmekaar gesak en gevrek het, opkikkermiddels ingegee het, het die Owerheid op Nasionale Perderesies (NHA) Dinsdag in ‘n verklaring bevestig.

Miller is verlede week tydens ‘n ondersoek by die NHA se kantoor in Johannesburg aangekla dat hy reël 73.2.4 oortree het, omdat hy die afrigter was wat verantwoordelikheid aanvaar het vir die perd, Island Mischief. Die voorval het op 20 Mei tydens die sesde resies by die Flamingopark-resiesbaan plaasgevind.

‘n Bloedmonster is geneem van die perd en die verbode middel methylprednisolon is opgespoor.

Miller het skuld erken en is met R40 000 beboet en die reg om appèl aan te teken teen die boete.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.