‘n Kongolese ontwerper het glo die eerste Afrika-slimfoon ontwerp.
Verone Mankou (27) het gesê die sogenaamde Elikia, wat “hoop” in die plaaslike taal beteken, is nou in die Republiek van die Kongo te koop. Mankou, hoof van VMK, het gesê dié Android-gedrewe toestel is tans slegs in die Kongo beskikbaar, maar hy beplan om die binnekort in ander lande ook te koop aan te bied.
Die selfoon sou in Oktober reeds beskikbaar gewees het, maar, weens ‘n “ontploffing” in die aanvraag, is die bekendstellingsdatum uitgestel. Die foon word in die Kongo ontwerp en in Sjina vervaardig, en kos sowat $170 (R1 360).
Die foon het ‘n 3.5duim tasskerm, 512MB RAM en ‘n 650Mhz-verwerker. Die kamera is vyf megapixels en het ook GPS en Bluetooth.
Mankou het verlede jaar Afrika se eerste tabletrekenaar ontwerp.