Afrikaanse man aangeval omdat hy EFF ondersteun

Foto: Twitter

Foto: Twitter

Wiekus Kotze, ʼn Afrikaanse man wat ʼn lid is van Julius Malema se EFF-party, word op sosialemedia-platforms aangeval en as ʼn verraaier bestempel deur die Afrikaanssprekende gemeenskap, het die Saturday Star berig.

Kotze sê die aanvalle op sosiale media het begin nadat hy verlede week in die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) se sentrale struktuur in Gauteng aangestel is. Kotze dra met trots sy EFF-baret en het aan die koerant gesê mense het hom as ʼn idioot beskryf. “Hulle het gesê ek is ʼn idioot, ʼn dwaas, dat ek witvoetjie soek by swartmense, dat ek ʼn verraaier is weens my wit vel.”

“Wat is ʼn wit vel? Maak jou velkleur jou beter? Want as jy sê ek verraai my wit vel, dan beteken dit maar net dat jy glo dat ʼn wit vel beter is,” sê Kotze. “Sulke mense het nog steeds ʼn Verwoerd-mentaliteit gebaseer op die feit dat jy wit is en dat jou taal Afrikaans is.”

Kotze voer aan hy was 16 jaar lank ʼn lid van die ANC. Hy het toe by Agang SA aangesluit, maar is geskors omdat hy “demokratiese prosesse” in die party wou vestig.

Hy glo sterk aan Malema se visie. “Malema het ʼn ongelooflike begrip van wat dié land kan bereik. Ek bewonder sy waagmoed en vreesloosheid. Mens het só iemand in die parlement nodig. Julius Malema is baie talentvol,” het hy aan die koerant gesê. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

George Barnard ·

Mnr. Kotze los wyle Dr Verwoerd se naam Uit enige een wat by die eff aansluit het n probleem aub weet nie hoe oud jy is nie maar ek reken jy ie nog n kInd Wyle Dr Verwoerd het die regte tdees en planne gehad as HY nie deur n lafaard vermoor was nie so ons n baie beter lewe gehad het

HP ·

Onder \verwoerd he SA die beste ekonomiese groei ooit gehad. Onder Mal Emmer gaan ons almal vrek van die honger!!!!

Andre ·

Los die man uit. Indien hy die kepsie vroeer gekry het sou hy nie sonstraal gehad het nie

Jasper ·

Dit gaan nie oor n wit vel nie. Dit gaan oor gesonde verstand, iets wat dringend kort kom by jou en jou party.

Paul Smith ·

Ek het mos voorgestel – sluit by die EFF aan as jy in SA wil oorleef!! Kotze gaan binnekort nog in Nkandla intrek want Julius gaan dit vir hom gee – verniet.

Justi ·

O jinne. Is dit nou nie dommer as grond…..wag nee jy kan n saadjie in grond plant en dit sal groei. Laat ek voor begin……

Is dit nou nie dommer as stof nie?

Kry vir jou stofmannetjie want jy is nie net dom nie maar onnosel ook volgens my.

P.J. Fourie ·

Ek glo ons toekoms hang daarvan af dat ons ons demokratiese reg moet uitleef. Ons moet eerlik wees met onsself. Mnr. Kotze doen sy ding.

My probleem is bloot dat Mnr. Malema reeds bewys het dat hy ongeloofbaar is en dat hy nie die vertroue van enige regdenkende Suid-Afrikaner verdien nie.

Wat is ons voorland indien ons nie een of ander politieke vennootskap met ander rasse in die RSA mag vorm nie? Is dit ‘n Afrikaner-tuisland? Sal daar plek wees vir ander rasse wat Afrikaans as huistaal besig?

Dan ·

Wie sal mens sê is die domste, Kotze of die twee-derdes blankes wie de Klerk se (leë) beloftes geglo het? Die Afrikaner is op rekord die enigste volk wat sy land vrywillig weggegee het in die geskiedenis van die mensdom. Is Kotze nou dommer as hulle, omrede hy Malema se party steun – ‘n party wat se ontstaan ‘n direkte gevolg is van daardie oorgawe.

william ·

Hy is getroud met n swart vrou. Die verbasterering gaan onverpoos voort. Hy het geen respek vir sy eie nasie nie.

Shannon ·

Uiteindelik ! Een Afrikaner het nou `n leier.
Ek wil hierdie man om die skouers vat, hom stip aankyk en dan …. dan wil ek daai beret ordentlik om sy kop smee. Jy weet, so bietjie meer houding jong !

JB ·

Maak nie saak wat jy doen vir hulle nie. Jou vel is wit en as die papaja is die waaier is, gaan dit niks help wat jy vir/saam met hulle gedoen het nie!!!

Gert ·

Sowaar ‘n grooter idioot as Juju!!!! Kry vir jou, trane kom altyd later.

ouvou ·

Dit het om nie lank gevat om te leer om bedrog te pleeg nie! Juju is n uitstekende onderwyser

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.