Afrikaanse sakeplankompetisie bekendgestel

Akademia, die nuwe hoëronderwysinstelling van die Solidariteit Beweging, het Dinsdag die grootste Afrikaanse sakeplankompetisie tydens ‘n seminaar oor entrepreneurskap bekendgestel.

Deelnemers van regoor die land kan in een van twee kategorieë, naamlik nuwe sake-idees en uitbreidingsidees vir bestaande sakeondernemings, inskryf en staan die kans om groot pryse te wen.

Bekende sprekers, soos Louis van der Watt en Francois van Niekerk van die Atterbury Groep, Dawie Roodt, hoofekonoom van die Efficient Group, en entrepreneurs Vivienne Schultz en Emil Nothnagel het tydens die seminaar verskeie aspekte van entrepreneurskap aangeroer.

“Die fokus van die seminaar en die kompetisie val op die nodigheid vir entrepreneurs om hulself te bekwaam en met die regte kennis toe te rus om hul eie besighede volhoubaar te ontwikkel, te bestuur en uit te bou,” het Marthinus Visser, besturende direkteur van Akademia, gesê. Volgens Visser is Investec die hoofborg van die kompetisie en Riskflow is ʼn strategiese vennoot in die opleidings- en mentorprogram.

Die totale prysgeld van die kompetisie beloop R150 000 kontant, en wenners ontvang ook Atterbury-studiebeurse met ʼn totale waarde van R120 000 (tans) om hul ten volle geakkrediteerde Diploma in Kleinsakebestuur en Entrepreneurskap by Akademia te verwerf.

Klik hier vir meer inligting oor die kompetisie en hoe om in te skryf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Jan ·

Meyer ek het twintig jaar ondervinding in forklift as trade en daar is groot mark vir goeie forklifts en ambagsmannep

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.