Afrikaanse sanger loop deur onder diewe

Piet Botha

Die sanger Piet Botha is oor die naweek by sy huis in die noorde van Pretoria beroof terwyl hy en sy gesin geslaap het.

Botha, die seun van voormalige minister Pik Botha, het van ʼn vertoning in Rustenburg teruggekeer en aan die slaap geraak, berig Beeld. Sy vrou, Vivian, het hom wakker gemaak toe sy onraad vermoed het. Die rowers was reeds uit die huis toe Botha ondersoek ingestel het. Die deur het oopgestaan en diefwering was gebuig. Die vermeende inbrekers het met Botha se selfoon, beursie en ʼn kamera weggekom.

Pik Botha, wat op dieselfde perseel woon, het aan Beeld gesê hy is dankbaar dat niemand seergekry het nie.

– Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.