Afrikaanse sanger verloor babadogtertjie

Helené Bester

Helené Bester buite gevaar. Lees die nuutste oor die storie hier.

Die Afrikaanse sanger, Helené Bester, is in die hoësorgeenheid van ʼn hospitaal in Johannesburg nadat sy haar babadogtertjie verloor het as gevolg van geboortekomplikasies.

Lydia Winchester, ʼn musiekpromotor, het Maandag aan Maroela Media gesê inligting is nog skaars, maar sy kan bevestig Bester is in die waakeenheid en dat ʼn noodkeiser gedoen moes word en dat die babatjie ongelukkig oorlede is.

“Ons sal later ʼn persverklaring uitreik,” het sy aan Maroela Media gesê.

Steve Hofmeyr het op Twitter geskryf dat Bester ʼn engel is en almal se gebede verdien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

LILLY DE BEER ·

My hart gaan uit na haar en haar familie, mag God se hand intree en genesing bring! Dis so jammer om te hoor van die babatjie wat oorlede is!

Elsie Campbell ·

My hart is so seer vir jou Helene. Ek weet presies hoe gebreek jou hart is. Ek self is deur dieselfde pyn & hartseer. Mag die Here jou styf vashou & en al jou trane weg vee, en jy nooit alleen sal wees nie xxx

Fransina Kloppers ·

So jammer om te hoor! Self deur so ‘n trauma, maar kyk OP!!! Sterkte en hoop dat jy gou gesond sal word! Liefde en tonne drukkies!

Berita Drescher ·

Mag die Liewe Heer vertroosting bring …… dit is bitter moeilik maar God weet beter. My gebede gaan uit na jou Helene….sterkte.

Janetta ·

Helene my hart breek vir jou en ek weet van die pyn waardeur jy gaan, ek self het 3 gesonde babas in laat swangerskappe verloor, elke dag is ‘n uitdaging en jou krag en genesing kom net van ons Vader

MARINDA BRITS ·

Helene – Mag jy vertroosting vind in die wete dat die Here ‘n plan het met elkeen se lewe – en nooit iets oor jou pad sal laat kom wat Hy jou nie die krag sal gee om te hanteer nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.