Afrikaanse sangeres is ‘n dogtertjie ryker

Chereé Strydom, die “Country girl”

Countrysangeres Chereé Strydom, wat as Suid-Afrika se “Country girl” bekendstaan, is ʼn dogtertjie ryker.

Chereé (32) en haar man se dogtertjie Bella-Joy, is Donderdag gebore. “Bella-Joy is om 08:45 gebore – 3.3kg, 49cm met ‘n bos swart hare! Lyk nes sussie en pappa! Dankie vir elkeen se boodskap! Feeling blessed,” het Chereé uit die hospitaal getwiet. Chereé en Bella-Joy sal na verwagting môre ontslaan word.

Wynand, Chereé se man, se bors swel van trots. “Vandag is ek ‘n dankbare man. Dankie my vrou @chereestrydom. Jy is die toonbeeld van ‘n ware ma. Ek is lief vir jou,” het hy getwiet.

Die paartjie het se eerste dogtertjie, Taylor-Hope, is in Januarie 2011 gebore. Sy was die inspirasie agter Chereé se album, Lesse & Lullabies.

Die gesin woon tans in Langebaan aan die Weskus.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.