Afrikaanse vraestelkrisis by UNISA

Foto: Izelle Jacobs / Unisa

Foto: Izelle Jacobs / Unisa

AfriForum Jeug het Dinsdag ’n tweede klagte by die Universiteit van Suid-Afrika (UNISA) se eksamenraad ingedien, nadat studente wat ingeskryf is in Afrikaans hulle vraestelle in Engels moes aflê en hulle Afrikaanse vraestelle geweier is. Die klagtes sluit nou ander fakulteite in en raak nie meer net onderwysstudente by dié universiteit nie.

“Om ’n student te ontneem van sy reg om in sy ingeskrewe taal eksamen te skryf, is ’n skending van sy regte soos vervat in die Grondwet van ons land,” sê Eduan Dupper, woordvoerder van AfriForum Jeug.

Studente wat in Afrikaans ingeskryf is vir hulle kursusse en al hulle studiemateriaal regdeur die jaar in Afrikaans ontvang het, asook voorberei het in Afrikaans is onkant betrap toe daar net Engelse vraestelle beskikbaar was in eksamenlokale.

Artikel 29(2) van die Grondwet van Suid-Afrika waarborg aan studente die reg om onderrig te ontvang in hulle moedertaal. Verder verleen die taalbeleid van UNISA ook aan studente die reg om in Afrikaans onderrig te word en ook hulle vraestelle in Afrikaans te ontvang.

“Dit is ’n ernstige saak omdat dit met die toekoms van jongmense, wat ’n bydrae wil lewer in Suid-Afrika, inmeng en hulle kanse om hulle studies te voltooi nadelig beïnvloed. AfriForum Jeug is besig om die klagtes met die betrokke persone van UNISA te bespreek om te verseker dat die situasie nie weer in die toekoms opduik nie,” sê Dupper.

Meer as die helfte van die studente wat onverwags die eksamen in Engels moes aflê, het nie die eksamen geslaag nie en kan hulle nie hulle grade ontvang aan die einde van die jaar nie, wat hulle verhoed om suksesvol vir werk aansoek te doen.

Dupper sê verder dat daar ’n versoek aan UNISA gerig is om ’n oudit te doen om vas te stel vir hoeveel Afrikaanse kursusse daar slegs Engelse notas en eksamenvraestelle was. AfriForum Jeug het UNISA vyf dae gegee om te reageer op die versoeke.

AfriForum Jeug versoek studente van alle universiteite met soortgelyke probleme om nie stil te bly nie, maar om AfriForum Jeug daarvan in kennis te stel.

Lees Unisa se kommentaar hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Sarie van Niekerk ·

Wat het van ons kamma grondwetlike reg geword om in die taal van jou keuse te studeer? Ek hoop Afriforum gaan die universiteit al sy dae gee as ek daai studente was sou ek net eenvoudig aangedring het op ‘n Afrikaanse vraestel en as daar nie is nie sal ek aandring om my eksamen te slaag sonder om te skryf

Babs ·

Swak UNISA Swak! Is dit julle manier om Afrikaanse student weg te wys? Oor ‘n paar jaar gaan alle vraestelle seker in Chinees wees – die toekomstige taal van SA.

Pieter Reyneke ·

Dagvaar UNISA vir skade en kostes. UNISA het ‘n regserkende ooreekoms vebreek.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.