Die omvattende aansoek deur AfriSake om ’n interdik te verkry teen die implementering van die Tshwane-metro se beplande voorafbetaaldekragstelsel deur ’n onervare en omstrede kontrakteur, PEU Capital Partners, sal op 24 en 25 Februarie in die Noord-Gautengse hooggeregshof aangehoor word.
Volgens Cornelius Jansen van Rensburg, uitvoerende hoof van AfriSake,is die omstrede kontrak wat die metro miljarde rande uit die sak gaan jaag, al deur verskeie waarnemers die “e-tol van kraglewering” genoem.
“Dit is ’n duur, radikale en drakoniese kontrak wat belastingbetalers vir ewig gyselaars van ’n span onervare tenderpreneurs met ’n rakmaatskappy en omstrede kontrak maal,” het hy gesê.
“Die eienaars van PEU was ook betrokke by die Johannesburg Stadsraad se rekeningdebakel ’n paar jaar gelede.”