“Afskaffing van doodstraf was ‘n fout,” meen strafregkenner

Prof Carel Snyman, afgetrede dosen in strafreg aan Unisa, meen die afskaffing van die doodstraf het “katastrofiese gevolge” tot gevolg gehad.

Die uitspraak waarin die konstitusionele hof die doodstraf in 1995 afgeskaf het, blyk ‘n stuk “mislukte sosiale ingenieurswese” te wees, het Snyman gesê. Dié stellings kan in Snyman se boek “Strafreg” gelees word, berig Beeld. Dit is die boek se sesde herdruk. Regters, advokate en prokureurs landswyk maak glo van dié boek gebruik as verwysing.

“Dit maak nie saak watter intellektuele gimnastiek die voorstanders van die afskaffing van die doodstraf uitvoer nie, uiteindelik is dit die koue werklikheid soos weerspieël deur misdaadsyfers in die algemeen en moordsyfers in die besonder wat vir ’n mens sê of die uitspraak reg of verkeerd was,” het Snyman gesê. Die jongste amptelike syfers toon dat 250 000 mense in Suid-Afrika, in die dekade ná die afskaffing van die doodstraf, vermoor is.

“Suid-Afrika kan trots wees op sy nuwe Grondwet met sy Handves van Regte en dat hy sy rug gekeer het op apartheid met sy euwels, maar die sogenaamde ‘heiligheid van lewe’ waarop voorstanders swaar leun, is ’n begrip wat geensins vry te spreek is van skynheiligheid en onegtheid nie,” het Snyman bygevoeg.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Brenda ·

Too little , too late! Wat van al die onskuldige slagoffers van moord en verkragting , wat agv die afskaffing van die doodstraf, deur die regstelsel, in die steek gelaat is??

Kobus ·

Wat van die 9000 of so terroriste / moordenaars wat vrygelaat was met Mandela se kroning? Was dit ook ‘n fout?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.