Aftree-ouderdom in Engeland hersien

bejaarde bestuurBritte, wat nou 20 jaar oud is, sal dalk moet werk tot hulle eendag 70 is voor hulle staatspensioen sal kan ontvang, berig die BBC.

Ingevolge beleid van die Britse regering behoort mense nie langer as ‘n derde van hul lewe op pensioen te wees nie. Met die lewensverwagting wat nou vinniger as wat verwag is, styg, gaan stemme op dat die pensioenleeftyd elke vyf jaar hersien moet word. Teen 2028 lyk dit of die aftree-ouderdom reeds 67 jaar sal wees.

Die hersiening van die aftree-ouderdom sal oor 50 jaar reeds ‘n besparing van honderde miljarde ponde beteken het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.