“Agang het geld gesoek” – Zille

Helen Zille

Helen Zille

Helen Zille, leier van die DA, het gesê Agang SA-leier Mamphela Ramphele se kortstondige ooreenkoms om haarself as die DA se presidensiële kandidaat beskikbaar te stel, was om skenkings te verseker, het die Saturday Star berig.

“Dr Mamphela Ramphele wou onmiddellik ‘n aankondiging maak omdat sy desperaat was vir geld,” het Zille Vrydag in die Paarl gesê. “Die oomblik toe ons die aankondiging gemaak het, het sy skenkers gekontak en probeer om geld in die hande te kry.”

Ramphele se woordvoerder, Mark Peach, het Zille se bewering as ‘n “blatante leuen” beskryf. “Agang het ‘n departement wat verantwoordelik is daarvoor om geld in te samel en hierdie departement is al die afgelope jaar lank daagliks in kontak met skenkers. Enige gerug dat sy [Ramphele] skielik oproepe gemaak het, is ‘n blatante leuen.” Hy het ontken dat ‘n vermeende vergadering met ‘n skenker in Londen druk op Ramphele geplaas het om saam met die DA te werk.

Zille het gesê ‘n verbintenis met Ramphele sal die DA hoofsaaklik bevoordeel het weens Ramphele se struggle-agtergrond en om dit duidelik te maak dat die DA nie na apartheid sal terugkeer nie. -SAPA

Lees ook:
Opleiding moet nie ‘n skuldvonnis wees nie – Ramphele
Eksklusiewe onderhoud met dr. Mamphela Ramphele: “Samewerking, nie samesmelting”
Ramphele en Zille verduidelik wat gebeur het
“Ramphele kan nie vertrou word nie” – DA
DA gaan Ramphele ‘n ultimatum gee
Ramphele en Agang vergader in JHB
Ramphele is nog nie ‘n DA-lid nie
Ramphele gaan DA se presidensiële kandidaat wees

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Gideon Erasmus ·

Wees wys en moet ne in ‘n moddergooiery betrokke raak! Dit is nie nou die tyd om vyande te maak nie. So as ek kan raad gee, Helen bly liewers stil.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.