Die pas gestigte politieke party Agang SA beplan om dieselfde politieke strategie te gebruik wat die Amerikaanse president Barak Obama in 2008 tot oorwinning gelei het.
Mills Soko, ʼn direkteur van Agang SA, het gesê die party het die Beneson Stategy Group aangestel om hulle die adviseer met volgende jaar se verkiesingstrategie, omdat dié maatskappy “die beste mense is wat ons kon vind,” het die City Press Sondag berig. Soko wou egter nie sê hoeveel hulle vir die groep se dienste betaal nie.
“Hulle is duur, want hulle is professioneel. Hulle doen dit nie verniet nie,” het hy wel gesê.
Die groep se korporatiewe kliënte is onder meer Tampax, Pfizer en Verizon.
Die party se hooffokus nou is om om lede en fondse te bekom.
Agang SA is op 22 Junie met groot fanfare in Pretoria amptelik bekend gestel. Die party het reeds nagenoeg 5 000 ondersteuners.
Dr. Mamphela Ramphele, die party se leier en ʼn bekende skrywer, aktivis en sakevrou, het tydens die geleentheid die party se vyf belangrikste beleidsvoorstelle bekend gemaak. Die beleidsvoorstelle sal aan ondersteuners voorgelê word voordat dit in die verkiesingsmanifes vervat word.
Ramphele het op 18 Februarie tydens ’n perskonferensie by die Johannesburgse konstitusionele hof bekend gemaak dat sy ’n nuwe “politieke platform” gaan stig. “Vandag kan ek aankondig dat ek en ʼn groep medeburgers ’n nuwe partypolitieke platform gaan skep. Die party sal daarop fokus om weer hoop vir die land aan te wakker om dit nog in ons leeftyd die land van ons drome te maak,” het sy destyds gesê.
Agang beteken “laat ons bou”.
Sjoe eks dankbaar,mag dit tot seën wees.