AgangSA skop vandag af

Dr. Mamphela Ramphele. Foto: Werner Beukes/Sapa

’n Groot fanfare word vandag in Pretoria verwag wanneer die nuwe politieke platform, AgangSA, amptelik bekend gestel word.

Dr. Mamphela Ramphele, die party se leier en ʼn bekende skrywer, aktivis en sakevrou, gaan tydens die geleenheid die party se vyf belangrikste beleidsvoorstelle bekend maak. Die beleidsvoorstelle sal aan ondersteuners voorgelê word voordat dit in die verkiesingsmanifes vervat word. Thabo Leshilo, ’n woordvoerder van die party, het gesê hulle verwag nagenoeg 5 000 mense by die geleentheid.

Ramphele het op 18 Februarie tydens ’n perskonferensie by die Johannesburgse konstitusionele hof bekend gemaak dat sy ’n nuwe “politieke platform” gaan stig. “Vandag kan ek aankondig dat ek en ʼn groep medeburgers ’n nuwe partypolitieke platform gaan skep. Die party sal daarop fokus om weer hoop vir die land aan te wakker om dit nog in ons leeftyd die land van ons drome te maak,” het sy destyds gesê.

Agang beteken “laat ons bou”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Flash ·

Nou ja toe! Ek het na een van die ou vrou se uitsprake een oggend op RSG geluister en tot die slotsom gekom sy is net so groot rassis soos die ander ANC’s.
So al het sy dan 5000 ondersteueners, glo ek dit is hoofsaaklik entropie boosters.
Daar is weinig bewys dat hulle enige iets kan opbou!
Woorde in Afrikaans word anders interpreteer deur Afrika kaansvatters
Ons verstaan afbreek of vernietig, = hulle sine dit as regstel,
Ons skep (tot stand bring) = hulle skep vir hulle hours vol
Ons transformeer = hulle steel,
Ons blameer = hulle herskryf die geskiedenis,
baantjies vir boeties = herontplooi.

johan storbeck ·

ek kyk die politiek in S.A in sy geheel en as daar enige party is wat wil hondhaaraf maak met die situasie tans gaan daar ‘n klomp goed moet verander, hulle sal moet leer om te skryf “jy is ge-fire”, daar gaan nog meer opstande kom,

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.