Die Engelse dorpie, Bantham wat as inspirasie vir Agatha Christie se boeke gedien het, is teen £10 miljoen in die mark.
Die dorp met sy 25 huise, ‘n regte Engelse “pub” en ‘n winkel is deel van een van Brittanje se grootste landgoedere in privaat besit, die Evans Estate.
Die dorpie is aan die kus geleë en omring deur landbougrond. ‘n Entjie die see in is ‘n eiland, Burgh, waarop Christie heelwat van haar boeke geskryf het.
Bantham is ook ‘n gewilde wegbreekplek vir die miljardêr Richard Branson.
Die inwoners is nie begerig dat ‘n onpersoonlike finansiële instelling hul dorpie aanskaf nie.
As daardie dorp nader was sou dit die boere wat ‘n boerestaat wil hê se geleentheid.