Agliotti het óók geld geleen by Krejcir

Glen Agliotti. Foto: Werner Beukes / SAPA

Glen Agliotti. Foto: Werner Beukes / SAPA

Glen Agliotti, veroordeelde dwelmhandelaar, het R400 000 geleen by ʼn maatskappy wat verbind word aan die Tsjeggiese voortvlugtende Radovan Krejcir, het Beeld Woensdag berig.

Agliotti het aan Beeld erken dat hy ʼn lening van R400 000 by Groep Twee Beleggings aangegaan het. Kol. Francois Steyn, hoof van die georganiseerdemisdaad-eenheid in Germiston, het ook ʼn lening van R408 000 by dieselfde maatskappy aangegaan.

Groep Twee Beleggings behoort aan Krejcir se vrou, Katerina Krejcirova.

Beeld het berig dat Groep Twee se naam Maandag tydens Agliotti se sekwestrasieverhoor opgeduik het. Agliotti is voorlopig in die hooggeregshof in Pretoria gesekwestreer.

Agliotti het gesê hy en Krejcir is slegs kennisse, en nie naby vriende nie. Hy het gesê die lening was ʼn “normale saketransaksie” en dat hy die volle lening, met rente, terugbetaal het.

– SAPA

Lees ook:
Polisieman wat geld by Krejcir leen, het nie bedank – Valke
Polisieman van Oos-Rand het Krejcir-lening aangegaan

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.