Agliotti kap Cliff op Twitter

Gareth Cliff. Foto: Facebook

Die veroordeelde dwelmhandelaar, Glenn Agliotti, het uitgevaar teen die 5FM-aanbieder en Idols-beoordelaar, Gareth Cliff, op Twitter nadat laasgenoemde vroeër die week in hegtenis geneem is vir ʼn spoedoortreding

IOL berig dat Agliotti op Twitter gesê het: “Is Cliff steeds op die radio of is hy verban soos hy moet wees, ook van Idols, die idioot.” Agliotti het glo hierna gesê: “So Gareth Cliff, jy het baie oor my te sê gehad. Jy is die media p*****l. Moenie hulle blameer omdat hulle verslag doen oor jou inhegtenisneming nie k***. So f** jou.” Cliff is Dinsdagaand in hegtenis geneem en vir ʼn klein rukkie by die Lyttelton-polisiekantoor aangehou nadat hy teen 182km/h betrap is in ʼn 120km/h sone op die R21. “Dit is Glenn Agliotti, ek is nie verbaas nie. Ons sal dit nie waardigheid gee deur daarop te reageer nie,” het Cliff se bestuurder, Rina Broomberg, gesê. Dit het gister gegons op Twitter oor Agliotti se uitlatings. Cliff het intussen berigte dat hy spesiale behandeling gekry het na sy inhegtenisneming as onsin afgemaak. Cliff het aan die 5FM-aanbieder, Rob Vember, gesê: “Ek neem aan dat as mense jou naam ken sal hulle eerder ʼn voorbeeld van jou wil maak as om jou spesiale behandeling te gee.” Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.