Agliotti-sekwestrasie dalk gefinaliseer

Glen Agliotti. Foto: Werner Beukes / SAPA

Glen Agliotti. Foto: Werner Beukes / SAPA

Die veroordeelde dwelmhandelaar, Glen Agliotti, se voorlopige sekwestrasie gaan na verwagting Maandag in die Pretoriase hooggeregshof gefinaliseer word.

Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) het verlede jaar in November ʼn hofbevel bekom vir die voorlopige sekwestrasie van Agliotti se eiendom​​.

Volgens hofstukke skuld Agliotti meer as R38.5 miljoen vir inkomstebelastingopgawes en BTW-verpligtinge wat nie tussen 2003 en 2008 ingedien is nie. Die rente op die uitstaande skuld beloop meer as R22 miljoen.

Agliotti is op 25 November beveel om Maandag in die hof te verskyn om redes aan te voer, indien enige, waarom die sekwestrasiebevel nie gefinaliseer moet word nie.

Luidens berigte in Oktober het die SAID ‘n verklaring ingedien wat beweer dat Agliotti van sy vrou geskei is om die SAID te verhoed om volle toegang tot al sy bates te bekom. – SAPA

Lees ook:
Agliotti skei glo om bates te versteek

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.