Agri SA reken Suid-Afrika benodig ‘n droogte

Argieffoto

Agri SA glo Suid-Afrika het ʼn ramp, soos ʼn droogte nodig, om die regering te dwing om myn- en voedselsekuriteit in die land te heroorweeg, het Beeld Woensdag berig.

“Ongebreidelde mynbou in Suid-Afrika eet die land se hulpbronne op,” het Theo de Jager, adjunkpresident van Agri SA, by die jaarlikse beraad van die Suid-Afrikaanse Water- en Energie-forum wat in Johannesburg gehou is, gesê.

“Die regering sal hul ware kleure wys indien die land ʼn ernstige droogte ervaar wat voedselsekerheid kan bedreig,” het De Jager gesê. “Sedert 1994 het hierdie regering nog nie nodig gehad om ʼn droogte te bestuur nie. Indien dit gebeur, sal die regering baie vinnig moet besluit hoe die land se hulpbronne aangewend gaan word.”

Volgens die koerant het De Jager gesê Agri SA het hulpbronne met die regering bespreek, maar dat dit nie help nie, omdat Suid-Afrikaanse boere tans méér kos produseer as wat die land nodig het.

De Jager het gereeld na Mpumalanga verwys in terme van die konflik tussen landbou en mynbou waar mielieproduksie reeds drasties geval het en diere doodgaan weens mynboubesoedeling. “Daar is ʼn konflik van belange. Net soos die mynbedryf wil boere ook uitbrei. Dit skep egter ʼn krisis omdat ons dieselfde hulpbronne moet gebruik.”

-SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Kaspaas ·

Wat moet nog alles verkeerdloop in die land voor mense gaan terugkeer na God toe ? Die wetenskap of die Oerknal sal nie die tipe probleme kan oplos nie – God kan wel. Maar daarvoor is deeglike selfondersoek en bekering nodig.

Stoompie ·

Die volk is te blind om die regte pad te sien. Dit sal seker so aangaan tot alle vashouplekke nie meer daar is nie, en slegs God as anker oorbly.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.