AgriSA vra nasionale biddag

Argieffoto

AgriSA doen ʼn beroep op alle kerke om Versoeningsdag op 16 Desember as ʼn nasionale biddag in te stel.

“Ons glo dit is ʼn tyd vir medegelowiges uit alle denominasies om na mekaar uit te reik. Suid-Afrikaners leef in sensitiewe en moeilike tye, en ons doen ʼn beroep op alle kerke om dié dag te gebruik om uit te reik,” het Johannes Moller, president van AgriSA, gesê.

Moller sê AgriSA is van mening dat burgers mekaar se regte moet respekteer, goeie waardes moet bevorder en met mekaar in ʼn gees van nasiebou moet omgaan. Die nasie sal vir ʼn geweldvrye samelewing, versoening en vreedsame naasbestaan bid. Kerke kan ook bid dat die besluite wat deur gemeenskaps- en regeringsleiers gemaak word, in die beste belang van Suid-Afrika se uiteenlopende gemeenskappe sal wees.

Nasionale Versoeningsdag op 16 Desember is in 1994 ingestel. Dit het vroeër as Geloftedag bekendgestaan. Geloftedag was ʼn godsdienstige vakansiedag wat die Voortrekker-sege oor die Zoeloes by die Slag van Bloedrivier in 1838 herdenk het.

Umkhonto we Seizwe, die militêre vleuel van die ANC, is op 16 Desember 1961 gestig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.