Agt beseer in M1-ongeluk

Die uitgebrande motor op die snelweg Foto: @pixal8 op Twitter

Die uitgebrande motor op die snelweg Foto: @pixal8 op Twitter

Agt mense is beseer in ʼn ongeluk wat daartoe gelei het dat ʼn gedeelte van die M1-snelweg in Sandton, Johannesburg, Vrydag moes sluit.

“Die M1-noord is net voor Grayston-afrit gesluit nadat drie voertuie gebots en een aan die brand geslaan het,” het hoofsuperintendent Wayne Minnaar, woordvoerder van die Johannesburgse metropolisie, gesê. “Die ongeluk tussen ʼn vragmotor, taxi en ʼn motor veroorsaak erge verkeersknope in Johannesburg.”

Ses mense van die taxi en die vragmotorbestuurder en sy passasier is beseer.

Motoriste word aangeraai om van alternatiewe roetes soos Oxfordweg gebruik te maak.

Klik hier vir foto’s van die ongeluk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.