Agt mense is beseer in ʼn ongeluk wat daartoe gelei het dat ʼn gedeelte van die M1-snelweg in Sandton, Johannesburg, Vrydag moes sluit.
“Die M1-noord is net voor Grayston-afrit gesluit nadat drie voertuie gebots en een aan die brand geslaan het,” het hoofsuperintendent Wayne Minnaar, woordvoerder van die Johannesburgse metropolisie, gesê. “Die ongeluk tussen ʼn vragmotor, taxi en ʼn motor veroorsaak erge verkeersknope in Johannesburg.”
Ses mense van die taxi en die vragmotorbestuurder en sy passasier is beseer.
Motoriste word aangeraai om van alternatiewe roetes soos Oxfordweg gebruik te maak.