Agt dood in twee Mpumalanga-ongelukke

Agt mense is die afgelope naweek dood in twee motorongelukke in Mpumalanga, sê die provinsiale departement van gemeenskapsveiligheid.
Ses mense is Saterdag dood en vier beseer in ʼn ongeluk op die R23 tussen Balfour en Standerton, het woordvoerder Joseph Mabuza in ʼn nuusvrystelling gesê.
ʼn Toyota Corolla het skynbaar ʼn ander voertuig op ʼn soliede lyn verbygesteek en reg van voor teen ʼn bakkie gebots. Kort daarna het ʼn derde motor in die ander twee voertuie vasgejaag.
In ʼn tweede ongeluk wat ook Saterdag gebeur het, is twee mense dood toe ʼn vragmotor in drie plakkershuise op die N11 in Middelburg ingery het.
“Ons sal nie ʼn paar mense wat ongeduldig is op die pad, toelaat om die lewe van talle ander te neem nie. Nalatige bestuurders sal aangekla en vervolg word om ʼn boodskap aan ander bestuurders te stuur,” het hy gesê. – SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.