Agt in hospitaal na gaslek

Foto: Netcare911

Agt mense is gehospitaliseer en meer as ʼn duisend mense is uit ʼn gebou in Randburg in Johannesburg ontruim na ‘n gaslek.

ʼn Woordvoerder van die Johannesburgse nooddienste, Synock Matoboko, sê die agt mense wat gehospitaliseer is, het gekla oor oog, maag en keel irritasies. Matoboko sê reddingspersoneel het gasmaskers gedra toe hulle die JDG Trading Financial Services gebou op Kentstraat ontruim het. “Die gebou is onveilig verklaar. Ons weet nog nie wat het gelek nie maar vermoed dit was gas van die lugversorgingstelsel.” ʼn Woordvoerder van Netcare911, Jeffrey Wicks, sê vyf van die agt mense wat gehospitaliseer is, is in ʼn ernstige toestand en het gekla van asemhalingsprobleme.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.