Agt jaar vir satanistiese meisie

Argieffoto

Regter Geraldine Borchers het haar tot 10 jaar tronkstraf gevonnis, waarvan twee jaar opgeskort is. Sy gaan haar tronkstraf by die jeugafdeling van die Leeuwkop-gevangenis uitdien.

Die tiener het in ʼn verklaring erken dat sy Keamogetswe Sefularo op 1 Maart naby Randfontein met ʼn mes doodgesteek het, nadat Sefularo besluit het om die satanistiese groep te verlaat.

Die meisie het Sefularo in die bors, nek en maag gesteek, terwyl haar 19-jarige kêrel haar aangehits het.

“Die slagoffer het aan haar vriendin vasgeklou, om haar lewe gepleit en gevra hoekom sy dit aan haar doen,” het Borchers in haar uitspraak gesê.

Sefularo het later in die hospitaal aan haar beserings beswyk. Die hof het aangehoor dat die meisie gedink het sy gaan finansieel baat vind by satanisme. “Sy het geglo haar gees sal deur sleutelgate en in banke kan ingaan waar sy dan geld kon steel. Dit is verskriklik dat so ʼn jong persoon by satanisme betrek word weens ʼn behoefte aan geld,” het Borchers bygevoeg.

Bochers het gesê niks het aangedui dat die meisie nie in beheer van haar dade was toe sy haar vriendin vermoor het nie.

“As die beskuldigde 10 jaar ouer was, sou ek haar tot lewenslange tronkstraf gevonnis het.”

Buite die hof het Sefularo se ouers gehuil. In een van die gange het ʼn vrou op die grond neergestort en gehuil. – SAPA

Lees ook:
Tiener erken moord was ‘sataniese ritueel’
Tiener weer in hof ná mesmoord
Skoolmeisie se moord hou glo verband met satanisme

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

sylvia ·

SY MOES LANGER TOE GESLUIT GEWEES HET 8 JAAR IS TE MIN VIR N KIND VAN DIE DUIWEL SY MOES LEWENSLANK GEKRY HET SODAT SY UIT DAARDIE DUIWEL GOED KAN UIT KOM

Maggie ·

Die duiwel sorg vir sy kinders, die dat sy so lig daarvan afgekom het. Hoop sy kry alle hel in die tronk.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.