Agt lig beseer in vliegongeluk

Foto: Facebook

Agt mense het geringe beserings opgedoen nadat hulle ligte vliegtuig Donderdag in die veld by die 43-vliegskool in Port Alfred in die Oos-Kaap geland het.

Die P750 XTOL- ligte passasiersvliegtuig het omstreeks 11:33 in die veld geland nadat dit enjinprobleme ondervind het. Die vliegtuig het van Lanseria-lughawe in Johannesburg na Port Alfred gevlieg. Die 8 passasiers en bemanningslede het geringe beserings opgedoen en is na ʼn hospitaal geneem vir ʼn roetine ondersoek waarna hulle ontslaan is. Die Burgerlugvaartowerheid (BLO) ondersoek die voorval om die presiese oorsaak van die ongeluk vas te stel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.