Agt mans vermoor Johannesburgse paartjie, laat kind wees

ʼn Seun is Woensdag wees gelaat ná ʼn groep van agt mans op sy ouerhuis in Honeydew, Johannesburg, toegeslaan en sy pa en ma vermoor het.

LookLocal Roodepoort Northside berig die agt mans het omstreeks 20:45 die huis binnegegaan met doel om te roof. Vincent Mashiteng, woordvoerder van die Roodepoort-polisie, het gesê slegs twee van die agt mans was gewapen.

“Hulle het die pa en ma geskiet en die seun ongedeerd gelaat. Die ma is op die toneel dood, die pa is later in die hospitaal dood,” het Mashiteng gesê.

Die mans het juwele en ʼn onbekende bedrag geld gesteel.

Maroela Media wag nog vir terugvoer van die polisie vir meer inligting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.