Agt matrieks ernstig beseer in KZN-ongeluk

Agt matrieks is Donderdagoggend ernstig beseer toe hulle motor omgeslaan het naby Wartburg in KwaZulu-Natal.

ʼn Woordvoerder Netcare911, Chris Botha, sê twee insittendes het sowat 500 meter van die toneel gelê terwyl die ander langs die wrak gevind is. Botha sê die matrieks was glo op pad terug van ʼn partytjie toe die ongeluk plaasgevind het. Hulle is in ʼn ernstige toestand in verskeie hospitale in Pietermaritzburg opgeneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.