Agt miljoen honde-mummies ontdek

Anubis

Argeoloë onder die leiding van prof. Salima Ikram van die Amerikaanse Universiteit in Kaïro, het tydens roetine-ondersoeke op die gemmumifiseerde karkasse van byna 8 miljoen honde  afgekom.

Die katakombe by Saccara in Egipte bevat honde van verskillende rasse. “Van die honde was al oud, maar sommige is vermoedelik ure ná hul geboorte begrawe,” het Ikram gesê. “Daar is ook kat- en muishondmummies.”

Die honde is waarskynlik gemummifiseer omdat aanhangers van die afgod Anubis, geglo het die gees van honde (en soms ander diere soos katte) hul gebede na die hiernamaals kan dra. Dit is soortgelyk aan mense wat ‘n kers aansteek en glo die rokie dra hul gebede direk na God. Anubis word gewoonlik uitgebeeld met die kop van ‘n hond of jakkals.

Klik hier om meer te lees.

Prof. Ikram

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.