Agt mynwerkers gered ná brand by Harmony-goudmyn

Argieffoto.

Argieffoto.

Reddingswerkers het Woensdag agt mynwerkers gered nadat hulle 1 733 meter ondergronds vasgekeer was. Die mynwerkers was in ʼn spesiaal-ingerigte toevlugsoord vasgekeer nadat ʼn brand Dinsdagaand by Harmony se Doornkop-goudmyn in die weste van Johannesburg uitgebreek het.

James Duncan, ʼn woordvoerder van Harmony, het in ʼn verklaring gesê nege mynwerkers word steeds vermis. “Die maatskappy is dankbaar om te bevestig dat reddingswerkers die agt mynwerkers wat in die ondergrondse skuiling vasgekeer was, bereik het. Hulle word tans na die oppervlak gebring,” het Duncan gesê. “Pogings duur voort om te bepaal waar die ander nege werkers hulle mag bevind.”

Die brand het na bewering Dinsdag omstreeks 18:00 in die 192e vlak uitgebreek. Die oorsaak is nog onbekend.

“Reddingspanne is dadelik ondergrond gestuur, maar toegang tot die betrokke gebied is verhinder deur rook, stof en los grond.”

Alle bedrywighede by die myn is opgeskort.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.