Agt seuns sterf glo by inisiasieskole

Agt seuns is Woensdag en Donderdag dood nadat hulle glo inisiasieskole in Mpumalanga bygewoon het.

Kol. Leonard Hlathi, ʼn polisiewoordvoerder, het Vrydag gesê die seuns was by verskeie skole in die MwaMhlanga- en Verena-omgewing. Ses van die slagoffers is dood nadat hulle in die hospitaal opgeneem is. Twee het glo by die skole gesterf.

“Die saak word ondersoek en ʼn nadoodse ondersoek word gedoen om die oorsaak van hulle dood te bepaal,” het Hlathi gesê.

Hlathi sê die polisie ondersoek ook of die inisiasieskole geregistreer is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

H J Bester ·

Dit is bykans ondenkbaar dat so ‘n oer-oue tradisie, wat dateer uit die steentydperk en ‘n sterk karaker het van barbarisme en onderontwikkeldheid, nog toegepas word in ‘n relatiewe moderne omgewing. Die Owerhede kan dit gerus ondersoek en beperkinge daarop plaas want dis ‘n onding.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.