Agt skoolkinders sterf in KZN-botsing

Agt skoolkinders is Dinsdagaand dood toe die bus, waarin hul vervoer is, in KwaZulu-Natal gebots het.

Kwanele Ncalane, ʼn woordvoerder van die provinsie se departement van vervoer, het Woensdag gesê die ongeluk het op die R66-pad tussen Ulundi en Kwaceza plaasgevind.

“Die busbestuurder het beheer oor die voertuig verloor, waarna dit omgeslaan het,” het hy gesê.

“Agt leerlinge is dood, vyf is kritiek beseer en 20 het ernstige beserings opgedoen,” het Ncalane bygevoeg. Ncalane kon nie dadelik die ouderdomme van die leerlinge verskaf nie.

Die bus was van Richardsbaai onderweg na Kwaceza. Die polisie ondersoek die oorsaak van die ongeluk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.