Volgens paramedici van ER24 was ʼn bakkie, vragmotor en minibustaxi Saterdagmiddag sowat 20km buite Ladysmith in ʼn botsing betrokke. Agt van die bakkie se tien insittendes is in die ongeluk dood. Die twee oorlewendes was in die wrak vasgekeer en moes met meganiese toerusting bevry word. Hulle is ernstig beseer en is na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling. Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.
Agt sterf in gru-ongeluk
ʼn Vier maande oue baba en sewe ander mense is dood na ʼn botsing op die R103 buite Ladysmith in KwaZulu-Natal.
ondersteun maroela media só
Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.
Het jy gehoor?
Nou pra' jý
Een kommentaar
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
‘Agt van die bakkie se tien insittendes is in die ongeluk dood’. Hoe kry ‘n mens 10 mense in ‘n bakkie..