Agt sterf in Mpuma-ongelukke

iStock_000015602916XSmall91-320x212Agt mense is Saterdag in drie afsonderlike ongelukke in Mpumalanga dood.

Joseph Mabuza, woordvoerder van die departement van gemeenskapsveiligheid, sê die eerste ongeluk het omstreeks 4:30 Saterdagoggend plaasgevind toe ʼn taxi teen ʼn motor gebots het op die R23 tussen Standerton en Secunda. Vier mense is in die ongeluk dood. In die tweede ongeluk is drie mense dood nadat ʼn bakkie teen ʼn motor gebots het op die R40 tussen Barberton en Nelspruit. Een persoon is dood in die derde ongeluk op die R40 tussen Nelspruit en Witrivier. Mabuza sê 18 mense is in die drie ongelukke beseer en na verskeie hospitale geneem vir behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Justi ·

Ai genade tog! Soveel mense dood en ek glo dat daardie ongelukke vermy kon word. Soveel mense neem kanse op die pad. Dis net nie die moeite werd nie! Eerder bietjie laat kom as nooit by jou bestemming kom. Sterkte aan al die families wat geraak word asook die beseerdes.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.