Agt sterf in vragmotorongeluk

Foto: ER24

Agt mense is dood en 22 ander ernstig beseer nadat twee vragmotors gebots het naby Gouda in die Wes-Kaap.

ʼn Woordvoerder van die provinsiale verkeersdepartement, Kenny Afrika, sê die twee vragmotors het omstreeks 7:00 Maandagoggend op die R44 tussen Saron en Gouda gebots. Hy sê ʼn laaigraaf het hierna teen een van die vragmotors gebots en sy sleepwa van ʼn brug af gestoot. “Die hele gedeelte van die trok het losgebreek en oor die relings van die brug gegaan en op die Klein Berg rivierbank te lande gekom.” Afrika sê talle van die beseerdes is per helikopter na Kaapstad vervoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.