Agt sterf toe weerlig kerk tref

weerlig

Argieffoto

Agt mense, insluitend ʼn kind, is Saterdag by ʼn kerk in Malawi dood nadat ʼn weerligstraal die gebou getref het.

“Die lidmate het Saterdag by die Sewendaagse Adventiste-kerk gebid toe die weerligstraal die gebou omstreeks 16:30 getref het,” het Charles Mwansambo, hoof van gesondheidsdienste in die ministerie van gesondheid, aan AFP gesê.

Die agt slagoffers, sewe volwassenes en een kind, was reeds dood toe hulle by die Kamuzu sentrale hospitaal aangekom het. Mwansambo het gesê een persoon is in die intensiewesorgeenheid opgeneem en 40 ander persone word as buitepasiënte behandel. “Dit is ʼn ramp. Dit was ʼn natuurlike verskynsel,” het Mwansambo gesê.
-SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.