Agt vas vir moord op bejaarde egpaar

Argieffoto

Argieffoto

Agt mense is Dinsdag in hegtenis geneem in verband met die moord op ʼn bejaarde paartjie, John Morrison (72) en Hester Noble (68), van KwaZulu-Natal. Noble, wat aan emfiseem gely het, is met die pypies van haar suurstoftenk verwurg.

Kapt. Thulani Zwane, ʼn polisiewoordvoerder, het gesê die paartjie se bure het verlede week op hul liggame in hul huis in Shongweni Valley afgekom. Morrison is met ʼn stuk draad verwurg. Daar was ʼn voorwerp in sy mond gedruk en sy hande is agter sy rug vasgebind.

Hul huis is geplunder en hul voertuig is gesteel.

Die agt verdagtes is Dinsdag in die vroeë oggendure aangekeer. Vier van die agt mans word van moord aangekla en die ander vier word aangekla van die besit van gesteelde goedere wat aan die paartjie behoort het.

Die agt verdagtes verskyn Woensdag in die Pinetown-landdroshof.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

10 Kommentare

jongste oudste gewildste
AmY

AGT mans teen TWEE bejaardes???? NEE HEL MAN!!! Dis baie erg!!!

Justi

Dit neem agt mense om die bejaarde paartjie te vermoor? Hoe verskriklik braaf van hulle! Die uitvaagsels. Swakkelinge.

Eben

Dan is die een nog sieklik ook.

Laetitia

M,a,w, se liewer niks, Dan is ons mos gewild by hulle ne!!!!!!!!!!! !

AmY

Ja, ai Justi. Dis vreeslik. Die flippen swakkelinge!!!