Agt vas vir ontvoering

handcuffs3-320x257Agt mans, insluitend ʼn polisiebeampte, is in hegtenis geneem nadat hulle glo ʼn man in Lenasia, suid van Johannesburg, ontvoer het.

Ao. Kay Makhubela, woordvoerder van die polisie, sê die verdagtes is Woensdag in hegtenis geneem. Makhubela sê ʼn 32-jarige man is Dinsdag van ʼn vulstasie in Lenasia ontvoer. Die ontvoerders het die slagoffer glo beveel om geld uit sy bankrekening te onttrek. “Hy het R6 060 getrek en dit aan hulle gegee.” Die ontvoerders het die slagoffer glo Woendagoggend beveel om sy familie te skakel en aan hulle te sê die ontvoerders soek ʼn losprys van R90 000 vir sy vrylating. Die man se familie het die polisie in kennis gestel en toe gereel om die ontvoerders by die vulstasie waar die man ontvoer is te kry. Die ontvoerders, uitsluitend die polisieman, het in twee motors en ʼn paneelwa by die vulstasie opgedaag. Hulle is in hegtenis geneem en die ontvoerde man is agter in die paneelwa gevind. Hy was geblinddoek en het boeie aan sy hande gehad maar was ongedeerd. Die sewe mans het die polisie na Tembisa gelei om te wys waar hulle die man aangehou het. Hulle het die polisie ook na die polisiebeampte wat glo betrokke was gelei. Hy is in hegtenis geneem. Die agt verdagtes sal Vrydag in die Protea-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

GawieM ·

Ontbind die beskermings magte geleidelik. Doen ordentlike werwing en opleiding en vervang. Dit is die enigste uitweg.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.