Agt vas vir openbare geweld

Agt mense is Saterdag vir openbare geweld in hegtenis geneem in Ocean View naby Vishoek in die Wes-Kaap nadat ʼn beweerde dwelmbaas se huis beskadig is.

Kol. Tembinkosi Kinana, woordvoerder van die polisie, sê inwoners het die huis met klippe bestook, die dak beskadig en ʼn motor wat voor die huis gestaan het stukkend geslaan. “Die polisie is ontbied om die situasie onder beheer te bring en om die gesin wat ten tyde van die voorval in die huis was te ontruim.” Kinana sê die polisie se voertuie is ook beskadig. Kinana sê die beskadiging van die huis was ʼn wraakaanval nadat ʼn 32-jarige man Saterdagoggend geskiet is deur ʼn ongeïdentifiseerde persoon. ʼn Saak van poging tot moord word ondersoek en niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die voorval nie. “Die motief vir die aanval word nog ondersoek.” Die agt mense wat vir openbare geweld in hegtenis geneem is sal na verwagting binnekort in die Simonstad-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.