Paul Daphne, woordvoerder van SANParke, sê vyf vermeende stropers is Woensdag onderweg na die Timbavati wildreservaat in hegtenis geneem. Hy sê ʼn jaggeweer, ammunisie en ander toerusting vir stropery is in hul besit gevind. Nog drie vermeende renosterstropers is Woensdag in Giyani in hegtenis geneem na ʼn gesamentlike operasie deur SANParke en die polisie. Die polisie het op ʼn jaggeweer en ammunisie beslag gelê. Die agt vermeende stropers sal binnekort in die hof verskyn.
Agt vas vir renosterstropery
ondersteun maroela media só
Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.
Het jy gehoor?
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.