Agt vas vir spoed

Drie motorfietsryers en vyf motoriste is die naweek op die N1-suid naby die Maraisburg-afrit in hegtenis geneem vir spoedoortredings.

Hoofsupt. Wayne Minnaar, woordvoerder van die Johannesburgse metropolisie, sê die drie motorfietsryers het nie agterste nommerplate op hul fietse gehad nie in ʼn poging om nie deur spoedkameras gevang te word nie. Minnaar sê die drie is egter deur die metropolisie se hoëspoedeenheid agternagesit en in hegtenis geneem. Minnaar sê die agt mense is almal vasgetrek terwyl hulle tussen 165km/h en 220km/h gejaag het. Hulle sal almal Maandag in die Roodepoort-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.