Agtienjarige met haelgeweer geskiet

Mervin Jordaan (18) van Boksburg is Sondag glo uit weerwraak met ʼn haelgeweer doodgeskiet.

Volgens luitenant-kolonel Lungelo Dlamini, ʼn polisiewoordvoerder, het die voorval tydens ʼn aanval in Reigerpark plaasgevind.

“Jordaan is buite ʼn woonstelblok in die buurt geskiet. Hy was uit op borg op ʼn aanklag van poging tot moord,” het Dlamini gesê.

“Die rede vir die moord is nog nie bekend nie, maar die polisie vermoed dit was ʼn wraakaanval,” het Dlamini gesê.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.