Agtjarige stamp sy kop teen rotse

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Agtjarige seuntjie van Springs in Gauteng is ernstig beseer toe hy sy kop Sondagmiddag teen die rotse by Silver Beach in Port Edward gestamp het.

“Hy is in ‘n ernstige, maar stabiele toestand in die hospitaal,” het Craig Lambinon, woordvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI), gesê.

“ʼn 23-jarige man van Pretoria-Noord is Sondag ook ernstig daar beseer toe sy been deur ʼn boot gekneus is,” het Lambinon gesê. Hy is ook in ʼn ernstige maar stabiele toestand in die hospitaal.

Lambinon sê reddingswerkers moes ook ʼn 34-jarige man help nadat ʼn vishoek in sy hand ingedruk het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.