Agtjarige sterf in Balfour-busongeluk

Balfour-busongeluk Foto verskaf aan Maroela Media

Balfour-busongeluk Foto verskaf aan Maroela Media

Wikus Bodenstein, ‘n Gr.1-leerling aan Laerskool Balfour, is Woensdag in ‘n busongeluk dood.

“’n Paar leerders is ernstig beseer toe ‘n vragmotor die bus van agter getref en die skoolbus laat rol het,” het konst. Nomvula Mavuso, woordvoerder van die polisie in Mpumalanga, gesê.

Die ongeluk het by ‘n T-aansluiting op die R51 in die rigting van Grootvlei plaasgevind.

Wikus is op die toneel dood en 27 leerlinge is na die Heidelberg-hospitaal geneem vir verdere behandeling. “Altwee bestuurders is ook ernstig beseer en word steeds in die hospitaal behandel,” het Mavuso Vrydag aan Maroela Media gesê.

Volgens ooggetuies het die vragmotor baie vinnig gery.

Die polisie ondersoek ‘n saak van strafbare manslag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Antoinette ·

So tragies! Het gereeld tussen Middelburg en Bethal gery, die hoeveelheid koletrokke op daardie paaie is angswekkend! Sommige van daardie vragmotor bestuurders is roekeloos verby. n Handjievol neem ander padgebruikers in ag. Jy moet GEDULD he en nie haastig wees waar daardie kole trokke ry nie. Sterkte aan die mamma en pappa! Die seer oor daardie klein man moet bitter erg wees!

alexander bodenstein ·

Tot vindag toe het eqestra nog niks of druiwer niks oorgekom nie as ouers word vir ons gese ons kan niks doen nie maar hoe moet n mens van jou kind net vergeet en net aanbeweeg troke gaan maar nogsteeds aan soos voorheen geen bekomernis nie n lewe is niks werd nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.