Agtjarige in Uniondale vermoor

Argieffoto

Argieffoto

Die liggaam van ‘n vermoorde agtjarige dogtertjie is oor die naweek in Uniondale in die Wes-Kaap aangetref.

“Shafeeka Baartman is Vrydagaand met ‘n serp om haar nek aangetref en haar bene was met ‘n kledingstuk vasgebind,” het kapt. Bernadine Steyn, woordvoerder van die polisie, Sondag gesê.

Baartman is vroeër die dag deur haar ma na ‘n vriend se huis gestuur om geld te gaan haal. “Op pad na die huis het ‘n verdagte haar te voet genader en haar na sy huis geneem. Sy is vermoedelik hier verkrag en vermoor.”

‘n 31-jarige man is Saterdag op ‘n plaas buite Uniondale in hegtenis geneem in verband met die misdaad. Hy sal na verwagting Maandag in die Uniondale-landdroshof verskyn. ‘n Nadoodse ondersoek sal Sondagmiddag in Oudtshoorn gedoen word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Shirley ·

Hoe kan ‘n Ma haar agt jarige dogtertjie stuur? Dit in vandag se lewe wat gevul met moord, verkragtings en misdade is! Hoekom het sy nie self die geld gaan haal nie. Ek dink die Ma behoort ook aangekla word in sulke gevalle.

vernon van der westhuizen ·

Maak van hom n voorbeeld om sulke misdadigers af te skrik.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.