Agtling-dokter sy lisensie kwyt

Die dokter wat Nadya Suleman gehelp het om ‘n agtling te verwek gaan sy lisensie verloor weens “growwe nalatigheid”.

Dr Michael Kamrava se lisensie sal van 1 Julie af opgeskort wees. Kamrava het tussen 2002 en 2008 talle embrios in Suleman ingeplant. Sy het in 2009 geboorte gegee aan ‘n agtling nadat Kamrava die vorige jaar 12 embrios in haar ingeplant het. Daar word voorgestel dat slegs 3 embrios per slag ingeplant word. Suleman het reeds ses kinders gehad toe die agtling gebore is.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.