Air India: Wurms op sy toebroodjie

air-indiaAir India het Dinsdag gesê hy sal ondersoek instel nadat ‘n passasier op een van sy vlugte glo wurms in sy toebroodjie gekry het.

Die passasier was op 28 September van New York na New Delhi onderweg toe hy op die wurms afgekom het. Hy het die voorval by Air India aangemeld, maar gesê hy het twee weke lank geen reaksie van hulle af ontvang nie, berig die Press Trust of India. “Ons ondersoek die spysenier oor dié voorval,” het Prasad Rao, woordvoerder van die lugredery, gesê.

Volgens Rao handhaaf die lugredery hoë standaarde, insluitende higiëniese toestande, en dat só ‘n voorval “uiters seldsaam” is.

Die lugredery het die afgelope ruk gebuk gegaan onder ‘n paar kwessies, insluitend veiligheid. ‘n Vlug na Bangalore het in Mei-maand na ‘n ander stad herlei nadat die vlieënier glo van ‘n toiletbreuk af teruggekom het en die deur na die kajuit gesluit was. Air India het ook vanjaar ‘n senior vlieënier geskors nadat hy onder die invloed van alkohol was net voordat hy ‘n passasiersvlug moes onderneem.

Air India is die land se vierde grootste lugredery gemeet aan sy aandele, maar word swaar getref deur verhoogde brandstoftariewe en kompetisie van privaatlugrederye.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.