Airwolf-akteur sterf op 95

Die veteraan-akteur Ernest Borgnine is Maandag op ʼn ouderdom van 95 dood.

Borgnine het in verskeie rolprente en televisiereekse, waaronder Airwolf, gespeel en ook ʼn Oscar gewen vir die fliek, Marty, waarin hy die rol van ʼn skaam slagter vertolk het.

Hy is Maandag in die Cedars-Sinai-mediese sentrum in Los Angeles oorlede. Sy familie het hom bygestaan.

“Dit is ʼn baie hartseer dag. Die bedryf het iemand groot verloor, ʼn ware ikoon,” het Lynda Bensky, Borgnine se bestuurder, gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.